Pappa se woordeboek…

Hier gaan soek ek na n woorde boek, kry net Pappa sin.

Manie Pienaar…. Die pappa wat sy dogter groot gemaak het tot die beste van sy vermoë. Meestal sonder mamma se hulp. Die seuns was mooi groot dit was net sy babatjie wat hy altyd oor bekommerd was.

Maar sjoe….het sy babatjie vir hom optraand gegee. Maar Manie Pienaar het nie een dag opgegee op sy dogter nie, nee hy was n yster van n man! Net die siekte Tinitus wat hom toe onder kry.

Tinitus… Ek weet nie eers of dit reg gespel is nie, maar wie gee om want dis die ding wat my pappa sy eie lewe laat neem het. Die yster van n man se ondergang, tesame met sy jongste seun ( my ewe beeld broer) se selfmoord twee jaar vroër.

Vir jare het ek gespartel met dit, want ons weet mos wat die Woord sê oor selfmoord. Jy gaan duiwel toe! Ek wil nie so glo nie want hulle was goeie mense.

Wie sal nou regtig weet, hoop en vertrou maar dat ons Vader in die hemel hulle genadig is.


4 responses to “Pappa se woordeboek…”

  1. As oorlewende oudste kind van ‘n selfmoord mamma, wil ek jou troos en onthou niks, maar niks sal ons van God se liefde skei nie, nie eens selfmoord nie. Hou daaraan vas. Ons Vader se genade is onbegryplik en liefdevol.

    Like

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started