Regte maat regte lewe

Ou mense het altyd gesê: mense ken jou aan jou maats…

Tannie D sê : onthou om jou vriende in te lig dat jy skryf dan kan hulle jou volg. Nou wil ek nie sê, maar watse vriende nie tannie. Nee ek dink eers n oomblik…. Wie van my vriende sal blog?

Fernandez het altyd gesê: Mercia ek wil hê jy moet n boek skryf oor jou lewe. Vir n klein meisie soos jy, het jy n groot storie om te vertel. Fernandez was 12jaar my goeie vriend en het afskeid geneem van ons 2jaar terug. Fernandez sou my volg op my blog. Maar nou ja ek skryf omdat dit lekker is al sien niemand dit nie.

Dit het my laat nadink oor maats…. Nie net maats op skool of na skool nie maar jou lewens maat ook. My nare lewens verhaal waaroor Fernanez altyd gepraat het sou soveel anders wees as ek net na die ou mense se woorde geluister het.

Maar ja… Trou is mos nie perde koop nie! Dalk moes ek eerder n perd koop dan sou ek vrede hê…..Regte maat regte lewe!!

Hoop om die keer in vrede te lewe….

Die verlede speel tog maar n rol, dit het my verander in wie ek is nou. Al probeer mens weg hol, moet jy tog gaan slaap en die nagmerries vang tog op.

Glo en vertrou die maat wat ek nou het , is n goeie man. Sy opvoeding was goed en hy sal my nie blootstel aan nare dinge nie.

Regte maat regte lewe…..


3 responses to “Regte maat regte lewe”

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started