• Pappa se woordeboek…

    Ek wil ook skryf…

    Afrikaans is so mooi,maar kan ek dit skryf met al die English woorde in my kop.

    Tannie Dirkie het my voorgestel aan die blog. Die oulikste suiwer afrikaanse mense…. Dit is wat my eerste getrek het na hulle wonderlike seun, suiwer afrikaans en die mooi maniere.

    Hier is ek saam die afrikaanse Du Plessis familie… Ek met my mixture van afrikaans en engels. Ek weet nie eers hoe om die afrikaanse woorde te spel nie maar dis n nuwe uitdaging….. En ek hou mos van uitdagings

    Hier gaan soek ek na n woorde boek, kry net Pappa sin.

    Manie Pienaar…. Die pappa wat sy dogter groot gemaak het tot die beste van sy vermoë. Meestal sonder mamma se hulp. Die seuns was mooi groot dit was net sy babatjie wat hy altyd oor bekommerd was.

    Maar sjoe….het sy babatjie vir hom optraand gegee. Maar Manie Pienaar het nie een dag opgegee op sy dogter nie, nee hy was n yster van n man! Net die siekte Tinitus wat hom toe onder kry.

    Tinitus… Ek weet nie eers of dit reg gespel is nie, maar wie gee om want dis die ding wat my pappa sy eie lewe laat neem het. Die yster van n man se ondergang, tesame met sy jongste seun ( my ewe beeld broer) se selfmoord twee jaar vroër.

    Vir jare het ek gespartel met dit, want ons weet mos wat die Woord sê oor selfmoord. Jy gaan duiwel toe! Ek wil nie so glo nie want hulle was goeie mense.

    Wie sal nou regtig weet, hoop en vertrou maar dat ons Vader in die hemel hulle genadig is.

  • Regte maat regte lewe

    Ek wil ook skryf…

    Afrikaans is so mooi,maar kan ek dit skryf met al die English woorde in my kop.

    Tannie Dirkie het my voorgestel aan die blog. Die oulikste suiwer afrikaanse mense…. Dit is wat my eerste getrek het na hulle wonderlike seun, suiwer afrikaans en die mooi maniere.

    Hier is ek saam die afrikaanse Du Plessis familie… Ek met my mixture van afrikaans en engels. Ek weet nie eers hoe om die afrikaanse woorde te spel nie maar dis n nuwe uitdaging….. En ek hou mos van uitdagings

    Ou mense het altyd gesê: mense ken jou aan jou maats…

    Tannie D sê : onthou om jou vriende in te lig dat jy skryf dan kan hulle jou volg. Nou wil ek nie sê, maar watse vriende nie tannie. Nee ek dink eers n oomblik…. Wie van my vriende sal blog?

    Fernandez het altyd gesê: Mercia ek wil hê jy moet n boek skryf oor jou lewe. Vir n klein meisie soos jy, het jy n groot storie om te vertel. Fernandez was 12jaar my goeie vriend en het afskeid geneem van ons 2jaar terug. Fernandez sou my volg op my blog. Maar nou ja ek skryf omdat dit lekker is al sien niemand dit nie.

    Dit het my laat nadink oor maats…. Nie net maats op skool of na skool nie maar jou lewens maat ook. My nare lewens verhaal waaroor Fernanez altyd gepraat het sou soveel anders wees as ek net na die ou mense se woorde geluister het.

    Maar ja… Trou is mos nie perde koop nie! Dalk moes ek eerder n perd koop dan sou ek vrede hê…..Regte maat regte lewe!!

    Hoop om die keer in vrede te lewe….

    Die verlede speel tog maar n rol, dit het my verander in wie ek is nou. Al probeer mens weg hol, moet jy tog gaan slaap en die nagmerries vang tog op.

    Glo en vertrou die maat wat ek nou het , is n goeie man. Sy opvoeding was goed en hy sal my nie blootstel aan nare dinge nie.

    Regte maat regte lewe…..

  • Ek wil ook skryf….

    Ek wil ook skryf…

    Afrikaans is so mooi,maar kan ek dit skryf met al die English woorde in my kop.

    Tannie Dirkie het my voorgestel aan die blog. Die oulikste suiwer afrikaanse mense…. Dit is wat my eerste getrek het na hulle wonderlike seun, suiwer afrikaans en die mooi maniere.

    Hier is ek saam die afrikaanse Du Plessis familie… Ek met my mixture van afrikaans en engels. Ek weet nie eers hoe om die afrikaanse woorde te spel nie maar dis n nuwe uitdaging….. En ek hou mos van uitdagings

    Afrikaans is so mooi , maar kan ek dit skryf met al die English woorde in my kop?

    Tannie Dirkie het my voorgestel aan die blog. Die oulikste suiwer afrikaanse mense…. Dit is wat my eerste getrek het na hulle wonderlike seun, suiwer afrikaans en die mooi maniere.

    Hier is ek… saam die afrikaanse Du Plessis familie, ek met my mixture van afrikaans en engels. Ek weet nie eers hoe om die afrikaanse woorde te spel nie ‘ha ha’. Maar dis n uitdaging…..en ek hou mos van uitdagings!

    Tyd om die woorde boek af te stof.

Design a site like this with WordPress.com
Get started